Potch gemeenskap pronk met nuwe bergfiets wedren – NWU Extreme MTB Challenge

As jy die naam Potchefstroom hoor dink jy dadelik aan die Noord Wes Universiteit en die energieke studente lewe wat die prag akademiese stad vul, maar nou in 2019 kan fietsry ook sinoniem aan Potchefstroom geheg word. Talle jong fietsry uitblinkers vind hul tuiste in Potch, een so ‘n blink ster is die 20-jarige Pieter du Toit. Pieter het as Hoër Volkskool Potchefstroom leerder deelgeneem aan aan die Spur High Schools MTB series en menigte Noord Wes en Suid Afrikaanse bergfiets titels ingepalm. Na skool het hy deel gevorm van Team Pyga Euro Steel se ontwikkeling span en na harde werk en uitstekende resultate is hy opgeneem in die profesionele Pyga Euro Steel span saam met bergfiets rolmodelle Phillip Buys, Matthys Beukes en Phillimon Sebona waar hy die jaar ook aan sy tweede Absa Cape Epic deelgeneem het.

Pieter du Toit as Junior by die Spur High School MTB wedren en die jaar tydens die Absa Cape Epic

Die Potch-Tlokwe sakekamer het die Noord Wes Universiteit genader as ‘n titel borg van die NWU Extreme MTB Challenge , NWU het dadelik ingestem en R50 000 as prysgeld geborg. NWU is al gesoute feesviering spesialiste en het hulle jool plaas aangebied vir die feestelike bergfiets samekoms wat die hele familie, van Vrystaat tot Gauteng, kan kom en geniet.
Die 2019 Absa Cape Epic president “Commissaire”, Deon Steyn van Master Events & Timing, gaan die wedren logistieke handhaaf, insluitend inskrywings, tydhou en veiligheids plan dienste.
“Ons doel is om die wedren met tyd te laat groei en verder uit te brei in 2020 met ‘n 21km hardloop wedren die Sondag oggend na die bergfiets wedren die Saterdag. ” sê Frankie du toit

NWU studente fietsry span is reg vir aksie – Brandon van der berg tydens Student MTB Cup

NWU Extreme MTB Challenge is ook ‘n “CSA santioned” wedren en daag Suid Afrika se top bergfiets talent uit om te kom meeding teen mekaar op Potch se mooiste roetes. Nie net is die wedren gerig op die blits vinnige spoedvrate nie, maar elke persoon wat geniet om sy of haar fiets te ry, jonk, oud, fiks en die nie so fiks!
Die NWU Extreme MTB Challenge bestaan uit drie afstande, 45km (half maraton) en 95km (maraton) en 15km pret wedren. Die 45km roete het ongeveer 450m klim en die 95km 900m klim. Jeep track en grondpaaie maak meeste van die roete op. Frankie vertel wat die roete so spesiaal maak is dat ryers deur vier wildsplase gaan ry en omring gaan wees deur beeldskoon bosveld en wild (niks te wild wat ‘n bergfietsryer sal skrikmaak nie). Die samewerking en gasvryheid van die boere maak die mooi roetes als moontlik vir ryers om te ervaar en is tot die voordeel van Potch se natuurskoon wat almal aan die gons gaan kry.

Die Noord Wes Maraton Kampionskappe vorm ook deel van die NWU Extreme MTB Challenge en gesamentlik sal Noord Wes ryers kan kompeteer vir die NW Maraton titel. Anatomic Sportswear borg die spesiale Noord Wes maraton kampion truie.

NWU Extreme MTB Challenge

Datum: 04 May 2019
Inskrywings Sluit: 03 May 2019
Plek: NWU Jool Plaas, Potchefstroom
Inskrywings Fooi:

  • 95km – R285
  • 45km – R185
  • 15km – R80

Skryf hier in

Kategorie Prysgeld:
Maraton Oop mans/vrouens
1- R9000
2-R4000
3-R3000

Wenner man en vrou
Sub vet -R1000
Vets -R 1000
Masters-R1000

Half Maraton
Junior seun/dogter
1-R1600
2-R800
3-R400

Half Maraton
Algehele man / vrou
R900

Studente Kategorie
Slegs Maraton
Mans/Vrouens
1-R 1000
2-R 500
3-R 300